Inligtingswet

INLIGTINGSWETTE

POPIA
PAIA
Inventarisse ontvang

POPIA: Wet op beskerming van persoonlike inligting, Wet 4 van 2013

Die POPIA-Handleiding verskaf riglyne om aan die agt wetlike voorwaardes te voldoen ten einde te verseker dat daar met sorg omgegaan word met persoonlike inligting. Hierdie handleiding is by kerkkantore ter insae.
Die Wet maak ook voorsiening dat daar ter enige tyd aangevra kan word watter persoonlike inligting daar van ’n lidmaat gehou word en skryf voor hoe daar gevra kan word om dit te wysig of te vernietig.

Die volgende dokumente is van toepassing:
  • Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting: Wet 4 van 2013
  • Die POPIA-Handleiding templaat vir gebruik in gemeentes: Word of PDF
  • Vorm vir die aanwys van inligtingsbeamptes van gemeentes: Vorm
  • Riglyne vir inligtingsbeamptes van gemeentes: Riglyn
  • Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting: Word of PDF
  • Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting: Word of PDF
  • Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ’n data-subjek vir die verwerking van persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking: Word of PDF
  • Lees meer oor die Wet by https://popia.co.za
  • Registrasie van inligtingsbeamptes: https://justice.gov.za/inforeg/portal.html

PAIA: Wet op toegang tot inligting, Wet 2 van 2000

Volgens die Wet op Inligting (Wet 2 van 2000 / PAIA = “The Promotion of Access to Information Act) moet elke privaatliggaam (en dus ook elke gemeente, ring en sinode) by die Menseregtekommissie registreer en ‘n inventaris op datum hou van alle inligtingsdokumente in besit van die instansie. Die Kerkargief is namens die gemeentes, ringe en sinodes van die NG Kerk geregistreer as verantwoordelike instansie om almal se inventarisse op datum te hou.

Gemeentes, ringe en sinodes moet hulle inventarisse jaarliks op datum bring en vir die Kerkargief stuur. Gebruik gerus die Inventarisvorm (sien hieronder) om die inligting te boekstaaf. Die “Vereiste tydperke vir die bewaring van rekords” verduidelik watter dokumente hoe lank bewaar moet word.
  • Vereiste tydperke vir die bewaring van rekords: PDF
    Minimum requirements for the retention of records: PDF
  • Inventarisvorm: Word of PDF
    Inventory form: Word of PDF
Dokumente wat betrokke is by ‘n aansoek om inligting in terme van Wet 2 van 2000.

In accordance with section 83(3)(d) of PAIA, we were requested by the Information Regulator to upload the following forms on this website:

  • Request for Access to Record: Form 02
  • Outcome of Request and Fees Payable: Form 03
  • Internal Appeal Form (Public bodies only): Form 04
  • Complaint Form: Form 05
Dokumente van die Menseregtekommissie

Gemeentes met voltooide inventarisse

Lys van gemeentes wat reeds inventarisse voltooi het: Klik hier